Watter erfenis gaan jy vir jou kinders nalaat? - Ferdinand Ewerts

Loading player...
Coach Freek gesels die week met Ferdinand Ewerts van Oudtshoorn. Ferdi se droom as kind was om 'n soldaat te word. Jy huislike omstandighede het hom genoodsaak om die skool te verlaat op 'n baie jong ouderdom. Ferdie en van sy vriende het 'n bende begin vir goeie redes, maar die bende het toe heeltemal verval in verkeerde dinge. Ferdi was tronk in en tronk uit vanaf 'n jong ouderdom. Hy het betrokke geraak by die tronk bendes tydens sy tweede tronkstraf. Ferdi was 'n smokkelaar van formaat. Die Here het egter 'n afspraak met Ferdinand gehad tydens 'n begrafnis diens wat hy bygewoon het. Luister na Ferdi se storie hoe God 'n verleier na 'n leier verander het.
3 Feb 2023 Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Hy het sy hele lewe na ’n vaderfiguur gesoek | Peter Warne

Pastoor Peter Warne verloor sy pa op net 14-jarige ouderdom en spandeer daarna ’n groot deel van sy lewe op soek na ’n vaderfiguur — in kroeë, by die werk en selfs in die kerk. Hy vertel eerlik hoe vaderloosheid, seer, sukses en bediening sy lewe gevorm het, en hoe…
11 Oct 1 hr 35 min