VF Plus sê Govan Mbeki-munisipaliteit is in groot moeilikheid

Loading player...
Die VF Plus in Mpumalanga sê die Govan Mbeki-munisipaliteit is in meer moeilikheid as wat inwoners besef. Aranda Nel-Buitendag gee wanadministrasie die skuld vir swak dienslewering in Bethal, Secunda en omliggende dorpe. Sy sê die ouditeur-generaal het in haar jongste verslag haar kommer uitgespreek oor die tekort aan veral tegniese personeel en wanadministrasie. Verskeie maatreëls van die munisipale voorsieningsketting-regulasies is ook oortree. Volgens Nel-Buitendag is 'n omkeerplan dringend nodig.
31 Jan 2023 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min