"My meisie het 'n bullet vir my gevat" - Jonathan Bezuidenhoudt

Loading player...
Coach Freek gesels die week met Jonathan Bezuidenhoudt. Jonathan was bevooreg om in ‘n huis groot te word waar die Here gedien was. Sy ma is oorlede toe hy 11 jaar oud was. Dinge het toe begin om skeef te loop vir hom. Verkeerde vriende het sy goeie opbrings begin belemmer. Hy was egter die eerste een onder sy vriende wat op die ouderdom van 13 met die gereg gebots het. Jonathan se oudste broer en ‘n neef het hom voorgestel aan dwelms toe hy in graad 8 was. In graad 11 het hy ‘n mede leerling gesteek met ‘n mes. Hy was toe ‘n voortvulgtige gewees en die polisie wou hom doodskiet. Hy het bekend gestaan as “Joburg” onder sy mede bende makkers. Daar was geen hoop meer vir Joburg gewees om iets goeds van sy lewe te maak nie. Sy eie pa het tot vir sy meisie aangeraai om vir Joburg te los. Kon “Joburg” opstaan en begin om sy omstandighede en uitdagings baas te raak? Maak seker jy kyk na Jonathan se hele onderhoud saam Coach Freek!
28 Jan 2023 Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Hy het sy hele lewe na ’n vaderfiguur gesoek | Peter Warne

Pastoor Peter Warne verloor sy pa op net 14-jarige ouderdom en spandeer daarna ’n groot deel van sy lewe op soek na ’n vaderfiguur — in kroeë, by die werk en selfs in die kerk. Hy vertel eerlik hoe vaderloosheid, seer, sukses en bediening sy lewe gevorm het, en hoe…
11 Oct 1 hr 35 min