God het my gebruik om 'n man in die tronk te sit en ook om hom daar uit te haal

--:--
Weens my siekte toestand verlede jaar het ek glad nie my eie Radio programme aangebied en vervaardig nie. Wel, loof die Koning ek is gesond en genees! Ek het die nuwe jaar met 'n baie dankbare hart afgeskop en het weer begin om my eie program aan te bied en te vervaardig. Jy kan vanmiddag om 16h00 luister na my eerste "Baasraak saam Coach Freek" program vir die jaar op Baasraak Radio.

Ek gesels met Rudi Erasmus. Rudi was al op 30 jarige ouderdom 'n baie suksesvolle besigheidsman gewees. Hy het alles besit wat sy hart begeer het. Mooi huise, karre, 'n boot en jetski's ens. Rudi was egter uitgebrand en het leeg gevoel. Al sy aardse besittings kon hom nie vervul nie. Rudi het een oggend net na vyf uur by die gym aangekom waar hy geoefen het. Hy't gesien hoe 'n man vir die polisie probeer weghardloop. Rudi het toe agter die man aangehardloop en hom gearresteer. Die man se naam was Adrian Meyer. Die polisie het vir baie jare na Adrian gesoek weens verskeie misdrywe. Adrian was toe later vir 40 jaar tronk gestuur nadat Rudi hom gevang het.

Rudi is egter 'n ruk later ook gevonnis vir moord. Rudi en Adrian het mekaar toe weer ontmoet in 'n tronksel in die Brandvlei Maksimum gevangenis. Luister gerus na die program om te hoor wat verder gebeur het.

Luister na die program om 16h00 op die vlg link: www.baasraak.tv/webradio
22 Jan Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Watter erfenis gaan jy vir jou kinders nalaat? - Ferdinand Ewerts

Coach Freek gesels die week met Ferdinand Ewerts van Oudtshoorn. Ferdi se droom as kind was om 'n soldaat te word. Jy huislike omstandighede het hom genoodsaak om die skool te verlaat op 'n baie jong ouderdom. Ferdie en van sy vriende het 'n bende begin vir goeie redes, maar…
3 Feb 1 hr 03 min

'n Leunstoel van hoop - Coach Freek Vermaak

Ek nooi al my mede Baasraakers om na die Potgooi te luister. Ek was bevoorreg om die 26 Januarie 2023 saam my mede boetas van die Manne van die Woord Boksburg te kuier op Zoom. Ek het so bietjie van my reis met limfoon kanker verlede jaar met hulle gedeel…
2 Feb 47 min

"My meisie het 'n bullet vir my gevat" - Jonathan Bezuidenhoudt

Coach Freek gesels die week met Jonathan Bezuidenhoudt. Jonathan was bevooreg om in ‘n huis groot te word waar die Here gedien was. Sy ma is oorlede toe hy 11 jaar oud was. Dinge het toe begin om skeef te loop vir hom. Verkeerde vriende het sy goeie opbrings begin…
28 Jan 1 hr 26 min