Matrikulante gewaarsku teen 'penne-neer'-partytjies

Loading player...
Die Departement van Basiese Onderwys het vanjaar se matrieks gewaarsku teen “penne-neer”-partytjies. Die waarskuwing kom terwyl die Klas van 2022 hierdie week hul eindeksamen afsluit. Die LUR vir onderwys in Mpumalanga, Bonakele Majuba, het ouers aangeraai om hul kinders nie toe te laat om hierdie geleenthede by te woon nie. Hy sê die departement het deur die jare talle berigte ontvang van leerders wat sterf, verdrink of gewelddadig aangerand word op sulke partytjies.
7 Dec 2022 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min