Veldwagters gevonnis wat met onwettige vuurwapen in Krugerwildtuin aangekeer is

Loading player...
Twee voormalige veldwagters wat in Februarie 2019 aangekeer is weens ‘n ongelisensiëerde vuurwapen en ‘n gevaarlike wapen by ‘n ruskamp in die Krugerwildtuin moet elk effektief sewe jaar agter tralies deurbring. Hendric Eccelence Silinda en Achieve Musa Mlambo is gister deur die Skukuza-hof gevonnis. Hulle is aangekeer tydens ‘n klopjag wat deur SANParke uitgevoer is na hulle ‘n wenk ontvang het. Volgens die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag in Mpumalanga, Monica Nyuswa, was hulle in besit van ‘n hoë kalliber vuurwapen en ‘n jagmes.
7 Dec 2022 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min