LUR pleit dat bestuurders in Mpumalanga versigter bestuur

Loading player...
Die LUR vir gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, Vusi Shongwe, het weer ‘n beroep gedoen op bestuurders om die padreëls te gehoorsaam. Dit is na nege mense Saterdagaand in ‘n kop-botsing tussen Morgenzon en Amersfoort dood is. Al nege insittendes is op die toneel dood verklaar. Die woordvoerder van die departement, Moeti Mmusi, sê die oorsaak van die ongeluk word ondersoek. Hulle vermoed op hierdie stadium dat dit deur roeklose bestuur veroorsaak is.
5 Dec 2022 1AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min