Vermeende stroper moet 11 jaar gevangenisstraf uitdien

Loading player...
'n Man moet elf jaar agter tralies bly na hy gister in Skukuza vir stroperyverwante misdrywe gevonnis is. Die 45-jarige Isaac Sihlangu is in 2019 saam met 'n medebeskuldigde, Abel Manyike, aangekla. Manyike is reeds gevonnis. Sihlangu was voortvlugtig na hy in 2019 borg toegestaan is. Hy is in Februarie weer aangekeer en het Dinsdag skuldig gepleit. Die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Monica Nyuswa:
25 Nov 2022 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min