Renosterstroper moet 17 jaar sit

Loading player...
‘n Renosterstroper is tot effektief 17 jaar agter tralies gevonnis deur die Skukuza-hof. Die 40-jarige Sylvester Zitha is in Oktober 2019 in die Tshokwane deel van die Krugerwildtuin aangekeer. ‘n Tweede verdagte, Richard Phiri, is voortvlugtig sedert hulle op borgtog vrygelaat is. Zitha is skuldig bevind op ses klagte. Woordvoerder, Ike Phaahla, sê dit behoort ‘n sterk boodskap te stuur dat stropery ‘n ernstige misdaad is en nie geduld sal word nie.
16 Nov 2022 3AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min