Nuwe klaskamers môre in Nelspruit gemonitor

Loading player...
Die Onderwysdepartement in Mpumalanga lê môre besoek af by vier laerskole in Nelspruit om die bouwerk van 40 addisionele klaskamers te monitor.
'n Woordvoerder van die departement, Gerald Sambo, sê die addisionele klaskamers word by Laerskool Nelspruit, Laerskool Bergland, Nelspruit Primary en Laerskool Laeveld aangebou om meer leerlinge te kan akkomodeer.
Die LUR vir openbare werke, Mandla Ndlovu, sal saam met die Mbombela Burgemeester, Sibongile Makushe-Mazibuko, die besoek meemaak.
14 Nov 2022 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min