Kommer oor instandhouding van Mpumalanga-paaie

Loading player...
Die DA is bekommerd oor die provinsiale regering se vermoë om paaie in Mpumalanga in stand te hou. Volgens Trudie Grovè-Morgan toon die jaarverslag van die departement van openbare werke dat 58-persent van sy padbou-toerusting in in ‘n swak toestand is weens ‘n gebrek aan herstel- en instandhoudingswerk.
Sy sê nuwe toerusting kan nie bekostig word nie, en die LUR vir paaie en vervoer, Mandla Ndlovu, moet seker maak die masjienerie se leeftyd word verleng.
28 Oct 2022 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min