Vier vasgetrek met dodelike wapens

Loading player...
Vier verdagtes is die naweek met onwettige wapens aangekeer tydens 'n intelligensie gedrewe operasie gelei deur die taktiee reaksie-eenheid van die polisie.
Sabelo Peter Mdluli (44) het Maandag in die Kabokweni-hof verskyn na hy Sondag in Masoyi aangekeer is.
Die polisie het reageer op 'n wenk en sy Corsa-bakkie deursoek.
'n R1 en R5 aanvalsgeweer, 'n 3.8 en .22 vuurwapen sowel as ammunisie en plofstof is ontdek.
In Barberton Saterdag is nog drie verdagtes in 'n bloue VW Polo gestop gearresteer weens 'n vuurwapen met ammunisie in hul besit.
Dinani Convinient Zulu (29), Bongani Nkosinathi Mlambo (33) en Mthokozisi Magwaza (34) het ook Maandag in die hof verskyn, aldus polisiewoordvoerder, kol. Donald Mdhluli.
26 Oct 2022 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min