Kurt Darren deel hoe sy pa die inspirasie agter sy nuwe liedjie was!

Loading player...
Die 'Dans Op Die Tafels'-sanger het ook Vrydag meer gedeel oor sy nuutste enkelsnit 'Wat My Pa Sou Sê'. "Almal is iemand se kind en om ‘n kind te wees is maar swaar. Jy is nuut in die wêreld. Jy weet nog niks. Dis hoekom as mens gelukkig genoeg is om ‘n Pa te hê jy na hom moet luister, want hy doen dit al ‘n bietjie langer as jy. Ha! As jy jonk is dink jy mos jou Pa verstaan nie. Tot jy self ‘n ouer word. Dan eers onthou jy wat jou Pa gesê het. En dat hy reg was! Kurt takel ‘n intieme saak hierso. Hy pypkan die manlike bravade van vaderlike verhoudings en gaan druk ‘n drie in jou emosionele zone. Dis die antipool van toksiese manlikheid. Op ‘n sokkie ritme met volkskitaar begeleiding gaan die lied heel waarskynlik ou wonde oop krap. Net om hulle uiteindelik te genees."
30 Sep 2022 2AM English South Africa News Commentary · Entertainment News

Other recent episodes

Weet jy wie is regtig agter die Jakkals Vibes-masker?

Suid-Afrika se KI-musikant, Jakkals Vibes, het onlangs op Breakfast with Martin Bester se Friday Live opgetree – 'n eerste-van-sy-soort vertoning! Die Suid-Afrikaanse musikant Elster Pieterse het Jakkals Vibes verteenwoordig en saam met Martin Bester gesels oor kunsmatige intelligensie, Jakkals Vibes en die musiek. Die werklike persoon agter die musiek verkies…
16 Jan 1AM 8 min

Só klink Adele in Afrikaans

Het jy al ooit gewonder hoe die bekende Britse sangeres se musiek in Afrikaans sou klink? In 'n onlangse sosiale media-video het die musikant en inhoudskepper Jana nuwe lewe aan een van Adele se grootste treffers gegee. Die Suid-Afrikaanse musikant het volgelinge vermaak met 'n Afrikaanse weergawe van Adele se…
16 Jan 1AM 1 min

Does anyone even know where Randburg starts and ends?

Martin Bester recently spotted a social media video by South African content creator Him asking online users if they know where Randburg actually ends and starts. He then asked listeners for their input and this is what they said.
15 Jan 5AM 13 min