Man skiet glo vriendin, pleeg selfdood in Kanyamazane

Loading player...
Die polisie ondersoek die moord op ‘n vrou vanoggend in Kanyamazane.
Polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, sê die 37-jarige Shirley Hassan is om ongeveer sewe-uur voor oorgetuies wat op pad was werk toe geskiet deur Phinda Matlaka met wie sy glo in 'n verhouding was.
Hy het daarna by sy pa se huis in die area glo sy eie lewe geneem.
Volgens Mohlala is die vuurwapen verlede week tydens ‘n huisbraak in Kanyamazane gesteel.
22 Sep 2022 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min