Wêreldrenosterdag vandag gevier

--:--
Vandag is wêreldrenosterdag. Die jongste data toon dat Afrika tans tuis is vir sowat 22-duisend wit- en swartrenosters. Lara Rall van die W-W-F Suid-Afrika sê stroping bly hul grootste bedreiging met amper 3-duisend renosters wat tussen 2018 en 2021 gestroop is. Die goeie nuus is dat die swartrenoster-bevolking op die kontinent sedert 2017 jaarliks met sowat 13-persent vermeerder het om tans 6 200 sterk te staan.
22 Sep 2022 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Minister van Arbeid sê regering kan werk help skep

Die Minister van Indiensneming en Arbeid, Thulas Nxesi, het vandag 17 arbeid-aktiverings-programme in Mbombela bekendgestel. Die inisiatief vorm deel van ‘n nasionale program wat daarop gemik is om meer as 700-duisend werksgeleenthede landwyd te skep. Hy sê mense moet opgelei word in vaardighede wat die ekonomie benodig en dan bemagtig…
24 Apr 5AM 1 min

Mpumalanga Premier open splinternuwe Bethal-hospitaal

Die premier van Mpumalanga, Refilwe Mtshweni-Tsipane, het gister amptelik die splinternuwe Bethal-hospitaal geopen. Volgens die Kantoor van die Premier is dit ten volle toegerus met die jongste tegnologie. Mtshweni-Tsipane sê dit sal ‘n sleutelrol speel om kwaliteit mediese sorg aan mense te bied naby aan waar hulle woon en om…
24 Apr 4AM 1 min

Betogers steek ambulans aan die brand in diensleweringprotes op R40

Die LUR vir Gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, Vusi Shongwe, het die versperring van die R40 by Casteel in die Bosbokrand-omgewing vanoggend veroordeel. ‘n Provinsiale ambulans is ook aan die brand gesteek, na bewering deur mense wat teen swak dienslewering in die area betoog. Shongwe sê mense het die volste reg om…
22 Apr 7AM 1 min

Nuwe kliniek in Balfour geopen

# Die minister van Gesondheid, Dokter Joe Phaahla, het vanoggend amptelik die nuwe Balfour-gemeenskapskliniek geopen. Hy het gister met ‘n twee-dag-besoek aan gesondheidsfasiliteite in Mpumalanga begin, waar hy Themba-hospitaal in Kabokweni besoek het om dienslewering aan te spreek asook berigte oor misdaadbedrywighede wat veiligheid bedreig. Die adjunk direkteur-generaal van Algemene…
18 Apr 7AM 1 min

Twee vas wat glo bakkie steel

Twee beskuldigdes maak vandag hul tweede hofverskyning in die Nkomazi-landdroshof op aanklagte van die besit van ‘n gesteelde voertuig. Mancoba Bongi Dlamini en Siyabonga Thusi, beide burgers van Eswatini, is Saterdag deur die grenspolisie op die R570 tussen Jeppe’s Reef en Malalane aangekeer. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kolonel Donald…
17 Apr 1AM 1 min