Waterkrisis weens beurtkrag duur voort

Loading player...
Silulumanzi het inwoners van Witrivier, Nsikazi-Suid en Matsulu gevra om geduldig te bly terwyl hulle hul bes doen om watertenkwaens te verskaf aan die areas wat die ergste geraak word deur watertekorte.
Die waterverskaffer sê die verlaging van fase 6 beurtkrag na 5 het geen noemenswaardige impak om hul vermoë om water te onttrek, te suiwer en te versprei nie. Reservoirs is kritiek laag tot leeg.
Dit neem ook baie lank om watertenkwaens by Karino op te vul, weens kragonderbrekings en die agterstand.
Richmond Jele verduidelik:
20 Sep 2022 3AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min