Agtste verdagte vasgetrek vir moord op polisiebeampte in Kabokweni

Loading player...
'n Agtste verdagte is Saterdagmiddag aangekeer in verband met die moord in Maart op Sersant Enock Themba Nsimba in Kabokweni.
Volgens kolonel Donald Mdhluli het die polisie op 25 Maart reageer op 'n gewapende roof by ‘n gastehuis toe die aanvaller op die polisie geskiet het by hul aankoms.
Die 37-jarige Nsimba is noodlottig gewond. Ses verdagtes is op die toneel aangekeer en 'n sewende het homself later aan die polisie oorhanding.
Die 33-jarige verdagte behoort vandag in die hof te verskyn. Die borgaansoek vir die ander sewe gaan op 27 September voort.
19 Sep 2022 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min