Splinternuut en eksklusiewe podgooi op JacPod

--:--
As jy hou van ware misdaad verhale, is hierdie 'n podgooi wat jy nie kan mis nie. 'n Eerste ooit vir JacPod, 'n nuwe reeks van ses Afrikaanse episodes waarin ons jou meer vertel oor van die mees berugte misdaad intriges ooit in Suid-Afrika. Luister van 16 Augustus 2022!
15 Aug 2022 Afrikaans South Africa True Crime

Other recent episodes

Die preker wat moord as kollekte geëis het

Die skilderagtige Suid-Kaapse Tuinroete is in 2021 geskok gelaat toe ‘n gewilde preker tronk toe gestuur is vir die moord op een van sy gemeentelede. Wat in die hof aan die lig gekom het, was nie net hoe Hlompho Koloi vermoor is nie, maar die lewens polisse wat die man…
15 Jul 42 min

Die Springs Huis van Gruwels

Op ‘n kouerige aand in Mei 2014, klim ‘n tingerige seun met net ‘n kortbroek aan oor die muur om hulp te soek by die bure. Sy hulpkreet het daartoe gelei dat die owerhede die deure oop kon gooi van ‘n huis waar gruwel dade in Springs ontbloot is. Die…
8 Jul 50 min

Die moord wat Pofadder soos ‘n slang kom pik het

Inwoners van die klein Noord-Kaapse dorpie van Pofadder is in 2020 tot stilstand geskok toe een van hulle spog seuns vermoor is. Asof die ontdekking van Leon Brits se liggaam in sy swembad nie erg genoeg was nie, het die onthulling van die meesterbrein agter die moord, die gemeenskap in…
2 Jul 50 min

Die terreur tog en Houdini verhaal van Ananias Mathe

Seisoen 2 skop af met die storie van ‘n man wat Suid-Afrikaners wou laat glo dat petroleum jellie hom sou help om uit een van die mees beveiligde tronke in die land te ontsnap. Ananias Mathe was regoor die land berug vir sy kul-jou-hier-kul-jou-daar verhaal. Maar syne was meer van…
25 Jun 36 min