Die Ponzi-slenter van Craig Warriner

Loading player...
Die BHI Trust het in 2023 soos ’n huis van kaarte inmekaar getuimel en ’n Ponzi-skema aan die lig gebring waarin meeste van die beleggers alles verloor het. Craig Warriner is eens beskou as ’n gerespekteerde en betroubare belegger wat vir jare lank die geld van miljoenêrs, sowel as gewone Suid-Afrikaners, belê en help groei het. Dit het alles verander een oggend in Oktober 2023 toe die beleggingsballon gebars en die slenter aan die lig gekom het. Derduisende mense se maandelikse dividende het deel geblyk te wees van dié reuse misdaad en hulle lewens en toekoms is vir ewig deur die BHI Trust geraak.
6 Apr Afrikaans South Africa True Crime

Other recent episodes

Die Matjane-gesinsmoorde en die hofsaak oor die impak van alledaagse pynpille

Dit was 'n middag in April 2015 toe 'n verhaal oor kindermoorde ontvou het, soos wat nog nooit vantevore in Suid-Afrikaanse howe gesien is nie. Rehithile Matjane het aangevoer dat 'n kombinasie van alledaagse pille en medikasie daartoe gelei het dat sy haar twee jong seuns koelbloedig na skool in…
30 Mar 56 min

Die Moord op Ria Womarans in Botswana

Tienie en Ria Wolmarans het in die 1990s besluit om Botswana toe te trek na die Phakalane buurt in die hoofstad Gaberone, wat hulle gehoor het veiliger was as in Suid-Afrika. Daar was goeie skole, werks geleenthede en ’n goed gevestigde Suid-Afrikaanse gemeenskap. Min het Ria egter geweet dat hierdie…
23 Mar 56 min

Die moord op Taliep Petersen

Die eerste episode van Seisoen 4 vertel die storie oor die moord op een van die land se helderste sterre, Taliep Petersen. Taliep Petersen kon gehore betower en saam meesleur met sy lirieke en musiek, maar is op die mees gewelddadige van maniere op Nasionale Dag van Versoening vermoor. Sy…
16 Mar 47 min

Seisoen 4 vertel misdaad verhale waarvan jy moontlik nog nooit gehoor het nie

Die nuwe seisoen van dié bekroonde potgooi is terug met agt weeklikse episodes oor van Suid-Afirka se mees berugte misdaad intriges. Seisoen 4 strek van Botswana, met ’n moord in ’n buurt vol Suid-Afrikaners, deur Mpumalanga, Gauteng en tot in die Wes-Kaap. Luister weekliks van 17 Maart 2026! Volg die…
10 Mar 1 min

Die Kroonstad Spoor Ramp

Suid-Afrika is in Januarie 2018 geskud deur ’n gru spoor ramp toe ’n Shosholoza Meyl passasiers trein en ’n trok buite Kroonstad gebots het. Chaos het op die toneel uitgebreek sowat 10 minute na die ongeluk toe passasiers besef het hulle is vas gekeer in van die brandende waens –…
28 Apr 2025 27 min