VF Plus veroordeel onwettige munisipale staking in Mbombela

Loading player...
Stakende munisipale werkers van die Mbombela-plaaslike munisipaliteit het die afgelope paar dae vullis en rommel in die strate van Mbombela gestrooi aan die vooraand van die Springbokke se rugbywedstryd teen die All Blacks.
Intussen stroom plaaslike en internasionale besoekers na die dorp vir die wedstryd môre in die Mbombela-stadion in Nelspruit.
Freddy Robertson VF Plus-raadslid in Mbombelam sê personeel van die departement van gemeenskapsdienste wat met afval werk, probeer om met die staking druk op die munisipaliteit plaas om hoër salarisse.
"Die VF Plus verwelkom die wyse waarop die nuut verkose algemene bestuurder, Luckie Sihlangu, regmatige aksie geneem het teen die stakers. Die waarheid is egter dat dit moontlik nooit sou plaasgevind het indien daar die afgelope paar jaar strenger dissipline en beter bestuur in die departement was nie."
5 Aug 2022 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min