In hierdie aangrypende episode van die *Baasraak Podcast* gesels Coach Freek met *Janene Snell* oor haar jarelange stryd teen dwelms, gebroke verhoudings en die innerlike oorlog tussen haar geloof en haar verslawing. Op 17 September 2017 het ’n boodskap in die kerk haar lewe verander. Sy het besef dat sy…
Pastoor Ester Jacobs van Riversdal se kinderjare is gekenmerk deur trauma, geweld en gebeure wat geen kind ooit behoort te beleef nie. Op net 9 jaar oud het sy ’n grusame moord voor haar oë beleef. Haar pa het daarna ook probeer om Ester en haar 3 maande oue bababoetie…
Pastoor Peter Warne verloor sy pa op net 14-jarige ouderdom en spandeer daarna ’n groot deel van sy lewe op soek na ’n vaderfiguur — in kroeë, by die werk en selfs in die kerk. Hy vertel eerlik hoe vaderloosheid, seer, sukses en bediening sy lewe gevorm het, en hoe…
André Potgieter en sy vrou is geskei, maar drie jaar later het God hulle verhouding herstel en is hulle weer getroud. Kort daarna het sy ernstig siek geword, en André moes uiteindelik die hartverskeurende besluit neem om toestemming te gee dat die masjiene wat haar aan die lewe gehou het,…
Vir meer as 30 jaar was Paul Smuts ’n polisieman — ’n geharde man wat uiteindelik die rang van Kolonel bereik het en ook by Koevoet betrokke was. Maar agter die sterk polisieman was daar een vrees wat hom nie wou los nie: *Waarheen gaan ek as ek sterf?* Daardie…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.