Drie lyke in uitgebrande kar op plaas in Pienaar ontdek

Loading player...
Die polisie ondersoek drie sake van moord na die oorskot van drie mense Vrydag in ‘n uitgebrande voertuig gevind is op ‘n plaas in Pienaar buite Nelspruit. Volgens die polisie is hulle onherkenbaar verbrand. Kolonel Donald Mdhluli sê die Hyundai i10 is die middag deur ‘n plaaswerker ontdek. Een slagoffer was in die bestuurderssitplek, een in die passassierssitplek, en een in die kattebak. Hul identiteite is onbekend. Enigiemand met inligting is gevra om dit met die polisie te deel.
18 Jul 2022 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min