Griekwas die laaste hekkie voor 'n historiese halfeindronde vir die Pumas

Loading player...
Die Pumas kom Vrydag in ‘n bepalende wedstryd te staan teen die Griekwas op Mbombela-stadion. Hulle het Vrydag ‘n naelskraapse 29-28 oorwinnig oor die Cheetahs behaal wat hulle steeds ‘n kans bied om die halfeindronde te haal. Die Griekwas het die Westelike Provinsie ook net-net met 43-41 in Stellenbosch geklop. ‘n Uitgedunde Haaie-span kon Saterdagaand in Durban nie die mas opkom teen die Leeus nie. Die telling van 38-32 het hulle in die vyfde plek op die Curriebeker-punteleer gelaat. Marius van Rensburg sê dit is 'n baie groot geleentheid vir die Pumas.
6 Jun 2022 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min