Vermeende moordenaars van sesjarige bly in aanhouding

Loading player...
Drie mense het vandag in die Kabokweni-hof verskyn vir die moord op die sesjarige Bontle Mashiyane buite Witrivier.
‘n Buurvrou van die slagoffer (Ntombi Mgwenya), haar moord-veroordeelde kêrel (Collen Hlongwane) en die 25-jarige Thapelo Ngomane word aangekla van ontvoering, mensehandel, verkragting en moord.
Hulle wou nie vir borg aansoek doen nie en verskyn weer op 24 Junie.
Brigadier Selvy Mohlana sê haar liggaam is gedeeltelik ontbind in dik bosse gevind, sowat 2-kilometer van haar huis af.
23 May 2022 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min