Boekkeuse - 18 May 2022

Welkom by ons aanbieding van Boekkeuse, ons gereelde program oor skrywers en boeke met my, Amanda Botha, as aanbieder.
Ons fokus vandag is op die drie skrywers, S J Naudé, Frederick de Jager en Aswin Arendse, wat onlangs dubbeld bekroon is deur die Universiteit Johannesburg en die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.
Ons verwelkom ook drie ateljeegaste, Ilse Verster, Jaco Wolmarans en Audrey Jantjies.