Mpumalanga gevangenes om skoolmeubels te herstel

Loading player...
Die Mpumalanga onderwysdepartement sal môre ‘n ooreenkoms onderteken met die departement van justisie om voortaan die arbeid van gevangenes aan te wend om skoolmeubels te herstel.
Woordvoerder, Gerald Sambo, sê dit is belyn met Korrektiewe Dienste se nuwe benadering om oortreders toe te laat om by te dra tot die bemagtiging van gemeenskappe.
Adjunkminister Nkosi Holomisa en LUR Bonakele Majuba sal dit by Ngwaritsane Sekondêr in Bosbokrand bywoon.
16 May 2022 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min