Boekkeuse - 20 Apr 2022

Welkom by ons aanbieding van Boekkeuse, ons gereelde program oor skrywers en boeke met my, Amanda Botha, as aanbieder.
Ons fokus vandag is op die vier romans – Zeus van Wyngaardt en die godin van die jag deur Julio Agrella; Kaap deur Hans Pienaar; Moer deur Michelle Meyer en Stillewe deur Marie Spruyt. Ook het ons die voorreg om twee ateljee gaste, die skrywer Francois Bloemhof en die kinder-en jeugboekkenner, dr. Mia Oosthuizen, te verwelkom. Joan Hambidge bied ‘n eerbetoon aan die ontslape Johan van Wyk. Ons gaskunstenaar is die pianis Wessel van Wyk.