Leeus in Marloth is nou drie

Loading player...
Daar is nog drie opgeskote leeus los in Marloth Park.
In Desember is vyf leeus in die reservaat opgemerk. Gerrie Camacho van die Mpumalanga Toerisme en Parke-agentskap (MTPA) sê die groot mannetjie het intussen sy intrek by Lionspruit geneem en die groot wyfie, die ma van die drie oorblywende jonges, is baie lanklaas in Marloth Park gesien.
Die jong mannetjie en twee wyfies beweeg tussen Marloth Park, die rivieroewer en ‘n naburige plaas.
Die MTPA se strategie is om een van die leeus te vang en te merk om die ander twee te vind sodat almal geskuif kan word. Daar is egter verskeie uitdagings aan verbonde.
31 Mar 2022 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min