Sewende verdagte vas na polisielid se dood

Loading player...
'n Sewende verdagte wat glo betrokke was by die skietery wat Vrydagoggend die lewe geëis het van 'n polisiesersant, het homself gister aan die polisie oorgegee.
Volgens die Valke se kaptein Dineo Sekgotodi sal hy vandag in die hof verskyn. Die ses wat Vrydag op die toneel aangekeer is, het Maandag in die hof verskyn.
Die 37-jarige Enok Themba Nsimba is noodlottig gewond toe die polisie Vrydag reageer het op 'n wenk oor 'n saamtrek van 10 mense wat na bewering 'n transitoroof beplan het by 'n gastehuis in Kabokweni.
Die verdagtes het op die polisielede geskiet terwyl hulle probeer vlug het en Nsimba is met sy aankoms by die hospitaal dood verklaar.
Agt vuurwapens, onder meer 'n AK-47, is gekonfiskeer.
30 Mar 2022 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min