Wiseman Khumalo kry vyf-jaar term as Mbombela-stadsbestuurder

Loading player...
Wiseman Khumalo is vandag vir 'n vyf-jaar termyn aangestel as Mbombela-munisipaliteit se stadsbestuurder.
Khumalo is sedert Oktober 2019 in die pos na sy voorganger, Neil Diamond, bedank het.
Hy is op 'n twee-jaar kontrak aangestel wat verlede jaar verleng is.
Die raad het vandag, tydens 'n spesiale raadsvergadering, gestem om hom 'n volle vyf-jaar kontrak te gee.
Cyril Chuene, hoofsweep van die DA in die raad, sê hulle eis 'n omkeerplan binne 30 dae.
25 Mar 2022 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min