Uitkyk-pad weer bruikbaar vir drawwers

Loading player...
Die Uitkyk-pad in Nelspruit is nou heelwat veiliger na We Care for Nelspruit, die Claremont-gemeenskapspolisiëringsforum en die plaaslike AfriForum-tak dit skoon gesny het.
Die pad was erg toegegroei met bome en bosse wat die pad op plekke vir voetgangers versper het, sodat drawwers en fietsryers in gevaar gestel is.
Die takke is gesnoei, gras is gesny en hope grond is van die padoppervlak verwyder sodat stormwaterdreine weer doeltreffend kan funksioneer.
Arlo Van Heerden AfriForum se distrikskoördineerder vir die Laeveld:
23 Mar 2022 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min