Bloedbank vra skenkings vir Menseregtedag

Loading player...
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens sal Maandag, op Menseregtedag, ‘n groot bloedskenkings-veldtog hê in ‘n poging om 7-duisend eenhede bloed in te samel.
Hulle teiken daagliks die versameling van 3-duisend eenhede landwyd, maar ervaar tans ‘n ernstige tekort aan bloed.
Lebo Matsimbi van die Laeveld-tak sê die skenking van bloed beskerm mekaar se reg op lewe.
Een geskenkte eenheid kan tot drie lewens red.
18 Mar 2022 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min