Opposisie kritiseer prioriteite in Mpumalanga begroting

Loading player...
Opposisiepartye in die Mpumalanga wetgewer het hul mismoë uitgespreek met die LUR vir finansies, ekonomiese ontwikkeling en toerisme, Vusi Mkhatshwa, se begroting vir die 2022/23 finansiële jaar. Hy het dit Dinsdag te tafel gelê.
Die DA se Bosman Grobler sê dit is teleurstellend dat dit geen daadwerklike planne bevat om werkloosheid onder die jeug hok te slaan nie en eerder die fondse vir jeug ontwikkeling met 8-miljoen-Rand besnoei.
Die VF Plus se Werner Weber sê geld word op die water gegooi met besteding aan wit olifant-infrastruktuur, terwyl toerisme en gemeenskapsveiligheid in die slag bly.
10 Mar 2022 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min