VF Plus wil hê provinsie moet munisipale verval help keer

Loading player...
Intussen sê die VF Plus in Mpumalanga dat praatjies oor werkskepping, infrastruktuurontwikkeling en die herlewing van toerisme niks beteken sonder werkbare maniere oor hoe om dit te bereik nie.
Die premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane, het Vrydag verskeie projekte aangekondig, ten spyte van die feit dat groot projekte al vir jare sloer.
Volgens Werner Weber het sy geen oplossings gebied oor wat gedoen gaan word om munisipaliteite te dwing om hul grondwetlike plig teenoor inwoners na te kom nie.
2 Mar 2022 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min