Drie vas oor onwettige wapens in Bosbokrand

Loading player...
Drie verdagtes wat na bewering verbind word aan misdadige aktiwiteite is gisteroggend tydens ‘n klopjag deur die Calcutta-polisie in besit van onwettige wapens en ammunisie aangekeer.
Die mans is by hul onderskeie huise in Marite Trust gearresteer nadat die polisie inligting ontvang het van Provinsiale Misdaad-intelligensie.
Volgens Brigadier Selvy Mohlala is onder meer is ‘n rewolwer, geweer, ammunisie en ‘n koeëlvaste-baadjie gekonfiskeer.
Hulle sal vandag in die hof in Mkhuhlu verskyn.
2 Mar 2022 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min