Mpumalanga werkloosheidskoers onder die loep in provinsiale rede

Loading player...
Die premier van Mpumalanga, Refilwe Mtshweni-Tsipane, sê haar administrasie het slapelose nagte oor die “astronomiese” hoë werkloosheidsyfer in die provinsie.
Sy het vanoggend haar provinsiale rede in die wetgewer in Mbombela gelewer.
Mtshweni-Tsipane sê veral die toenemende werkloosheid onder jeugdiges is kommerwekkend en onvolhoubaar.
Sy sê die provinsiale regering kon die afgelope 10 jaar slegs daarin slaag om sowat ‘n kwart van hul teiken van 105-duisend werksgeleenthede per jaar, te skep.
25 Feb 2022 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min