TRACN4 Elands Marathon maak na 12 jaar 'n terugkeer

Loading player...
Die Elands Marathon maak op 7 Mei, na 12 jaar se afwesigheid, sy terugkeer tot die Laeveld hardloop kalender.
Vanjaar is TRAC aanboord as borg vir hierdie kwalifiseringswedloop vir die Comrades.
Die 42.2 km wedloop word hoofsaaklik op die N4 gehardloop, vanaf Waterval Boven tot in Ngodwana.
Daar is ook ‘n halfmarathon en 10 km. Registrasie is slegs aanlyn en sluit 2 Mei.
TRAC kommunikasiebestuurder, Solange Soares, sê dit maak sin om betrokke te raak omdat die Elands nog altyd op die Maputo deurgang gehardloop word.
22 Feb 2022 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min