Witrivier gerat vir Goldwagen Interlaer môre

Loading player...
Laerskool Witirvier bied Saterdag by Hoërskool Rob Ferreira die Goldwagen Interlaer ateletiekbyeenkoms aan.
Daar is ‘n beperking van 2-duisend op bywoning, maar alles word ook op DigiTV uitgesaai.
Die atlete van Laerskole Witrivier, Barberton, Bergland, Laeveld, Lydenburg, Nelspruit en Nelspruit Primary sal sake op die baan en veld uitspook.
Laerskool Witrivier se waarnemende hoof, Marianne Oosthuizen, sê die kinders, onderwysers en veral ouers is baie opgewonde na hierdie terugkeer na normaal.
Die eerste items is om 8-uur, en die prysuitdeling om kwart voor vier.
18 Feb 2022 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min