Nuwe boorwerk begin in Makhonjwa-berge

Loading player...
Wetenskaplikes skop vandag af met ‘n projek waarin vars monsters van die ou gesteentes uit die dieptes van die Barberton-Makhonjwa Berge geboor word.
Die doel is om klippe te bereik wat relatief onveranderd is deur verwering prosesse sodat die leidrade wat dit bevat oor die vorming van die vroegste lewensvorme op die planet, ontleed kan word.
Plaaslike geoloog, Phumelele Mashele, het die publiek genooi om te kom kyk wat hulle doen op die gewilde Geotrail langs die R40.
21 Jan 2022 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min