Ma en seun se moorde ondersoek

Loading player...
Die polisie in Nelspruit ondersoek ‘n dubbele moord na ‘n ma en haar volwasse seun se liggame Sondagoggend in Mataffin gevind is.
Die bure het glo gister die polisie gebel weens die reuk wat uit die huis gekom het.
Die 44-jarige vrou se liggaam is gevind met ‘n plastieksak oor haar kop en ‘n bed bo-op haar.
Die liggaam van haar 28-jarige seun, saam met wie sy gewoon het, is by die motorhuis gevind met steekwonde.
Kolonel Donald Mdhluli:
6 Dec 2021 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min