Steeds Vrou - Sy (Alta Strauss)

--:--
Baie keer is ons bang om onsself kwesbaar te stel, maar dit is juis in daardie kwesbare oomblikke wat ander kan vereenselwig met die beeldskone kompleksiteit van ons menswees. Mense leer meer uit hoe ons opstaan nadat ons platgeslaan is, as wat hulle ooit sal leer uit ons glansryke oomblikke. Maak jouself los van die dinge wat jou steeds gevange hou. Daar is iets bevrydend daarin om ander toe te laat om die krake in die porselein te sien en te besef dat ander daarin hoop vir hul eie stryd vind. Laat Jesus toe om deur daardie krake te skyn tot in die harte van ander.
6 Dec 2021 Afrikaans South Africa Books · Language Learning

Other recent episodes