Munisipaliteite skuld Eskom massiewe bedrae

Loading player...
Tien munisipaliteite in Mpumalanga se totale skuld aan Eskom beloop tans 12,5-miljard-Rand.
Dit blyk uit ʼn antwoord die LUR vir samewerkende regering en tradisionele aangeleenthede, Busisiwe Shiba, op ‘n vraag van die VF Plus.
Die groot sondaar is eMalahleni wat 5,5-miljard-Rand aan die kragverskaffer verskuldig is.
In die Laeveld skuld Thaba Chweu sowat 975-miljoen-Rand en Mbombela 746-miljoen-Rand.
Die party se Werner Weber sê die provinsiale regering moet ingryp.
29 Nov 2021 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min