Sibongile Makhushe ingesweer as Mbombela se nuwe burgemeester

Loading player...
Die ANC se Sibongile Makhushe is Dinsdag tot die nuwe uitvoerende burgemeester van Mbombela-munisipaliteit verkies.
William Nkatha is die raad se nuwe Speaker. Taylor Nsimbini is tot hoofsweep verkies. Al drie was die enigste genomineerde kandidate vir die ampte.
Die nuutverkose raadslede is ook tydens hul eerste sitting, wat by Mbombela-stadion gehou is, ingesweer. Die ANC het tydens die plaaslike verkiesing ‘n meerderheid van 65% van die stemme gekry om 59 setels te wen.
Nkatha sê geen korrupsie sal geduld word nie.
25 Nov 2021 2AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min