Groot skade na jongste storm

Dele van Mbombela en Nkomazi is die afgelope naweek erg beskadig deur storms.
Volgens Jacques Benade van provinsiale rampbestuur was die meeste skade gekonsentreer in Nkomazi. Sowat 560 huise, twee gemeenskapsale, 14 skole, nege kerke, 12 winkels en twee gastehuise is beskadig.
Hy voeg by dat nog sulke storms vir die res van die somer verwag kan word, weens veranderende klimaatspatrone.