Ongeïdentifiseerde man dood gevind

Loading player...
‘n Ongeïdentifiseerde man is vanoggend dood gevind in ‘n ongebruikte regeringsgebou in die Mhala-omgewing.
Volgens die polisie het hulle om ongeveer 08:00 ‘n anonieme oproep ontvang dat die man noodlottig aangerand is in Dumphries B.
Brigadier Selvy Mohlala sê die man is met hul aankoms op die toneel in handboeie aangetref met kneusplekke regoor sy liggaam.
'n Voorlopige ondersoek dui daarop dat hy met stokke, klippe en ‘n panga aangerand is.
'n Moordsaak is geopen.
Enigiemand met inligting is gevra om die polisie se speurder AO Jeffrey Sithole te kontak by 072-624-5133.
5 Nov 2021 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min