Vuurwerke toegelaat hierdie feesseisoen

Loading player...
Mbombela is in die proses om hul ordinansie ten opsigte van vuurwerke op te dateer.
Die brandweerhoof, Petrus Mthiyane, sê dit sal hulle meer tande gee om oortreders vas te trek.
Intussen word die afskiet van vuurwerke op godsdienstige dae sowel as Oujaarsaand toegelaat op gemeenskaplike sportgronde in die munisipale area.
Mthiyane sê mense moet die brandweer se toestemming kry vir vuurwerkvertonings.
Om die brandweer te kontak, bel 013-753-3331.
5 Nov 2021 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min