Groot roof by Acornhoek Mall

Loading player...
Die polisie soek na 'n groep verdagtes wat vanoggend om ongeveer 02:00 Acornhoek Mall beroof het.
Polisiewoordvoerder, kolonel Donald Mdhluli, sê sowat 15 winkels is besteel en verskeie kitsbanke en kontantkluise is met plofstof opgeblaas.
Die polisie is deur sekuriteitsbeamptes in kennis gestel van ‘n inbraak by die winkelsentrum.
Onderweg na die toneel het polisie skote uit verskillende rigtings gehoor.
Met hul aankoms by die toneel het die aanvallers reeds gevlug
Die voorlopige ondersoek toon dat hulle toegang deur ‘n dak verkry het.
22 Oct 2021 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min