Bekende van Barberton vermoor

Loading player...
Die gemeenskap van Barberton is geskok na die moord eergister op een van hul bekendste inwoners, Ned Sturgeon.
Hy gisteroggend dood in sy huis aangetref.
Polisiewoordvoerder, kolonel Donald Mdhluli, sê die 86-jarige het oop wonde aan sy bolyf gehad.
Die DA se raadslid, Philip Minnaar, sê Sturgeon het oor dekades diep spore in die gemeenskap getrap, veral in sy rol by die Barberton-sakekamer en ontwikkeling van die dorp.
Hy word oorleef deur sy seuns George en Tony en kleinseuns.
21 Oct 2021 12AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min