Geslagsgeweld opnuut veroordeel na vrou by die werk doodgeskiet is

Loading player...
Mpumalanga se premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane, het haar medelye betuig aan die familie van Wandile Lucia Khoza, wat Dinsdag na bewering deur haar kêrel doodgeskiet is by die werk.
Die 29-jarige was ‘n werknemer by Nkomazi-munisipaliteit in Malalane.
Die 31-jarige verdagte is glo ‘n lid van die weermag, gestasioneer in Middelburg.
Hy het homself Woensdag aan die polisie oorgegee en sal vandag in die Nkomazi-landdroshof verskyn op ‘n klag van moord.
15 Oct 2021 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min