AfriForum en WeCare 4 Nelspruit tekkel saam verskeie projekte

Loading player...
AfriForum se Nelspruit-tak en WeCare 4 Nelspruit het hande gevat om die omgewing vir die dorp se inwoners beter te maak.
Die twee organisasies gaan verskeie projekte aanpak wat insluit die herstel van slaggate, die skoonmaak van parke en stormwaterslote en ontbossings om areas te beveilig.
Hul eerste projek was om die area tussen Henshallstraat en Laerskool Nelspruit skoon te maak.
Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder vir Mpumalanga, sê die groenstrook en die dreineringslote is skoongemaak en die digte bosse is ook ontbos.
21 Sep 2021 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min